Nuusflitse

Niehaus en die ANC bots

Na Carl Niehaus se uitbarsting rondom die ANC se hantering van Jacob Zuma het die ANC ‘n verklaring uitgereik waarin hulle hul besorgdheid uitspreek rondom pogings om die eenheid binne die ANC te ondermyn.  Die verloopte liberalis , Niehaus, het Zuma verdedig en die ANC daarvan beskuldig dat hul die reputasie en integriteit van Zuma bevraagteken deurdat FW de Klerk genooi is na Ramaphosa se staatsrede en Zuma klaarblyklik nie.

Eskom se R400 miljoen pakkette

Eskom het aangekondig dat hul vrywillige kontants skeidings pakkette aanbied aan werkers wat ouer is as 60 jaar en wat nie-kern poste vul nie. Die pakkette is vir bestuurders wat nie-kern posisies vul asook diegene tussen 60 en 62 jaar  ongeag watter poste hul vul.  Dit is glo ‘n poging om die opgeblaaste werksmag getal te verminder.  Ondersoeke het getoon dat Eskom meer as 16,000 werknemers het nie werklikproduktief is nie . Die skuif word gesien as ‘n poging om van werkers ontslae te raak sonder dat hul mense moet afdank en met die unies en regering bots.  Intussen beplan die besigheids reddings span van SAA om 1,000 werkers af te lê by die bankrot lugredery.