Nuusflitse

Die Openbare Beskermer

Die Direkteur-Generaal in die presidensie het die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, see verslag oor perdewedrenne industrie beskryf as “irrasioneel, ongrondwetlik, en onwettig”. Meningsvormers reken die uitspraak kan die einde van die OB se loopbaan wees.

Duisende huiswerkers verloor werk

Die nuutste statistiek deur Statistiek SA toon dat daar ‘n netto verlies van 108,000 werke in 2019 was.  Dit ten spyte van 45,000 poste wat in die laaste kwartaal van 2019 geskep is terwyl 16,000 huishoudelike werkers hul werk verloor het wat tekenend is van die swak ekonomiese toestand van die land.  Sowat 587,000 meer werkers het hul aangesluit by die werkloses van die land.  Dit was slegs die landbousektor wat ʼn toename van 36,000 poste getoon het.

VSA handel met SA geknou

Die Trump administrasie het Suid Afrika verwyder van ʼn lys van lande wat voorkeur handels ooreenkomste het.  Dit beteken dat Suid Afrika meer invoer belasting en heffings sal moet betaal op goedere uit die VSA.  Die Nasionale Vereniging van Voertuig Vervaardigers verklaar dat die skuif ʼn tragedie is vir die industrie aangesien die VSA die laaste drie jaar Suid Afrika se grootste ekonomiese vennoot was.