Nuusflitse

Zondo-ondersoeke sleep voort

Regter Zondo het versoek dat hy nog tien maande nodig het om die verlore Prasa miljarde te ondersoek asook sy ondersoek rondom SAL, SABC, SA Express, Transnet en Denel voordat hy  sy verslag  kan lewer oor die staatskaping saga. Die gevaar bestaan dat die ondersoek teen daardie tyd half in vergetelheid gaan verdwyn en die groot sondaars uiteindelik skotvry gaan kom.

Staats teater in Pretoria besteel

Die Suid Afrikaanse Staatsteater in Pretoria is in ʼn ondersoek gewikkel oor bedrog van meer as R20 miljoen.  Hierdie bedrog is na berig word gepleeg deur verskeie werknemers by die teater wat geld vanuit die teater se bankrekening oorgeplaas het na hul eie privaat rekenings. Senior personeel is glo betrokke by die bedrog sindikaat wat reeds meer as vyf jaar “in bedryf” is.