Nuusflitse

Pikitup werkers bemors die strate

Vullis verwyderings maatskappy, Pikitup, het ‘n beroep gedoen op werkers om die korrekte kanale te volg rondom salaris dispute.  Stakende werkers het die strate van Johannesburg ingevaar en vullis dromme in die strate omgekeer.  Sekere werkers het nog nie hul Januarie salarisse ontvang nie.

Unisa staking verby

Unisa werkers en vakverbonde het hul maand lange staking by Unisa beëindig.  Daar moet binne die volgende 72 uur tot ‘n ooreenkoms gekom word rondom salaris verhogings. Die 2020 kurrikulum se implementering by kampusse landswyd is vertraag weens die staking.