Nuusflitse

Prasa direkteure onbevoeg

Die Staande Kommittee van Openbare Rekeninge het in ‘n verklaring gesê dat hul die parlement gaan versoek om die vorige interim raad van Prasa en vorige rade se direkteure as “misdadig” te verklaar.  Dit sal verhoed dat die persone op enige rade mag dien.  In Desember is die vorige raad deur Mbalula afgedank.

Kaapstad se 3,000 vakante poste

Die Stadsraad van Kaapstad sukkel om meer as 3,000 poste te vul weens ‘n skaarste aan kandidate met die nodige vaardighede. Daar is nie gemeld in watter areas die tekorte is nie maar die Raad gaan nou glo daadwerklik pogings aanwend om die poste te vul.

Krag onderbrekings die laaste strooi

Volgens ‘n verslag van Nedbank het die aanhoudende krag onderbrekings die land in ‘n resessie gedwing.  Die Efficient Groep het bereken dat krag onderbrekings die land net meer as R8,5 miljardgekos het. Intussen het Eskom aangekondig dat dit meer as 18 maande gaan neem om die foute in die kragstelsel reg te stel.

Hospitaal staak werwing van werkers

Die Gauteng Departement van Gesondheid het opdrag gegee dat die dr George Mukhari akademiese hospitaal alle werwing, seleksie en vulling van vakante poste moet staak.  Berigte van onreël- matighede in die vulling van die poste het die departement genoop om die stap te neem.