Noord-Masedonië word Navo lid

Die parlement in Noord-Masedonië het eenparig ten gunste van Navo lidmaatskap gestem, en sal daarmee die organisasie se 30-ste lidland word.

Noord-Masedonië is vir jare uit die Navo striktuur gehou met die teenstem van Griekeland, vanweë die lang tyd van stryd tussen die twee lande oor die naam Masedonië was.

Verlede jaar is die strydbyl begrawe toe die twee lande ooreen kon kom en die naam verander is na Noord-Masedonië, wat ook daartoe gelei het dat Griekeland nou ten gunste van sy buurland stem vir lidmaatskap.

Die president het na afloop van die eenparige stemming gesê Noord-Masedonië word vereer met lidmaatskap, maar bring ook verantwoordelikhede daarmee aam wat te alle tye nagekom moet word om die wêreld se magtigste militêre struktuur paraat te hou.