Nog een myngroep vlug

AngloGold het ook sy ankers gelig en trek uit Suid-Afrika, wat die ekonomiese toestande verder verswak, alhoewel hy sy belange van die hand gesit het.

Die myngroep beëindig daarmee sy lang geskiedenis van mynwese in Suid-Afrika, en het met die verkoop van al sy belange teen R4,4 miljard, finaal die hakskene vir SA gewys.

Die nuwe eienaars, Harmony het die laaste twee aktiewe bedrywe van AngloGold opgeraap met die doel om minder risiko’s te trotseer.

Die feit dat Harmony die bedryf gekoop het, beteken egter nie dat alles onveranderd bly nie, want elke mynhuis of nywerheid wat die land verlaat, veroorsaak dat nuwe beleggers terug deins vir die land.

AngloGold se Hoof Uitvoerende Beampte, die Kanadees Kelvin Dushnisky, het nie gras onder sy voete laat groei om sedert sy koms na die myngroep, die een na die ander deel van die hand te sit nie, en het met die jongste skuif, die laaste deel van die belange in SA verkoop.