Niemand glo Ramaphosa beloftes

Niemand is meer so gretig om te glo wat die president, Cyril Ramaphosa, aan Suid-Afrika en die wêreld opdis nie, want sedert sy vorige staatsrede tot nou het niks gerealiseer wat belowe is nie.

Staatskuld loop op, die ekonomie sak al verder terug, werkloosheid neem toe, die geweld laat inwoners vreesbevange en die staats entiteite is bankrot.

Dit was alles dinge wat reggeruk sou word, maar die teendeel het waar geword, Suid-Afrika gaan al verder agteruit, sê politieke waarnemers en finansiële deskundiges.

As dit alles waar is, waarom sal enige iemand die president glo as hy met nuwe, of dieselfde beloftes, weereens probeer om die bevolking te mislei.

Benewens die negatiewe aspekte van verlede jaar, het die kommunistiese grondgryp beleid ook nog bygekom, en het nuwe leerplanne in skole bevestig dat die land roekeloos na die afgrond strompel, sê ’n opvoedkundige van Pretoria.

Die geloofwaardigheid van die president het ’n onherstelbare knou gekry oor hy leuens kwytgeraak het in die buiteland oor “geen plaasmoorde”, en in die parlement oor sy R500,000 verkiesings skenking.

Politici in opposisiebanke reken dat die president ’n klomp vrae sal moet beantwoord, maar dat dit slegs ’n vertoonvenster is van die groot verdeeldheid onder die swart politieke strukture van die land.