Nersa verwelkom uitspraak oor Eskom

Die Nasionale Energie Reguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het die uitspraak in die Pretoria Hooggeregshof verwelkom waarin Eskom se geldgierige eis van onredelike tariefverhogings van die hand gewys is.

Eskom se sielkundige pogings het weer nie geslaag nie, en die “eis” vir ’n 17% tariefverhoging van 2020 en ’n soortgelyke verhoging in 2021 is aanvanklik deur Nersa verwerp.

Eskom se gierigheid het gelei tot ’n hofbeslissing wat sy onredelike hoë eise verwerp het en Nersa gelyk gegee dat 8% en 5% onderskeidelik voldoende en realisties is.

Dit is opvallend dat Eskom nie weer soos telkend in die verlede, Suid-Afrika afgedreig met beurtkrag omdat sy onredelike eise nie toegestaan is nie.