Nasionale Lotery in skandaal betrokke

Die hoof beampte van die Nasionale Lotery Kommissie, Philemon Letwaba, het ingewillig om met verlof te gaan tot begin Maart 2020 tot die beskuldigings van korrupsie in ’n ondersoek afgehandel is.

Die beskuldigings is glo dat grootskaalse korrupsie waarby miljoene Rand aan welsyn fondse betrokke is, deur ’n politieke party gemaak is, en nou ondersoek word.

Sommige individue eis dat mense afgedank moet word, maar ondersoeke is reeds aan die gang, waarna besluite geneem sal word, is gesê.

Die Departement van handel en Nywerheid het nog nie op die bewerings gereageer nie, en het ook nie bevestig dat so ’n ondersoek gedoen word nie.

Bewerings en beskuldigings is gemaak dat die kommissie wat die loterye reguleer en verspreiding van fondse kontroleer, by ongerymdhede betrokke is en die onregmatige gebruik van fondse wat bedoel is vir welsyn.