Mynwese in beplanning vit krag

Mynhuise het reeds begin met dringende beplanning om kragopwekking meer stabiel te maak deur gebruik te maak van sonpaneel energie opwekking.

Gold Fields se beplanning toon dat hulle sowat 20% van hulle verbruik met sonenergie kan bekom, wat vir die volgende twee dekades kan funksioneer.

Gold Fields se “Sonplaas” sal buit Johannesburg opgerig word en kan na verwagting binne drie jaar gereed wees, maar nou moet die mynhuis wag vir die ANC minister wat die sertifikaat moet uitreik dat hulle kan voortgaan met die projek.

Die Myn het miljoene Rand verloor in die afgelope weke met die beurtkrag, en die minister se voete sleep benadering om goedkeuring te gee, en ’n sertifikaat uit te reik, laat nog miljoene Rand verlore gaan..