Munisipaliteite is Eskom se doodsteek

Eskom beweeg maandeliks agteruit teen ’n verbysterende spoed van bykans R1 miljard per maand, en dit word toegeskryf aan die wanbetaling deur munisipaliteite.

Volgens die jongste rekord is munisipaliteite se skuldlas meer as R24 miljard by Eskom, wat ’n duidelike rede vorm waarom die entiteit bankrot geraak het.

Maar ekonomiese adviseurs sê Eskom is deels verantwoordelik vir die toestand, want as hy behoorlike kredietbeheer toegepas het, sou daar hoogstens een maand se kragrekening van elke munisipaliteit uitstaande gewees het.

Kenners reken ook dat ’n munisipaliteit se krag op 45 dae afgesny moet word, wat sal meebring dat niemand dit sal waag om nie te betaal nie.

Inwoners van dorpe en stede sal blitsvinnig ontslae raak van ’n stadsraad en bestuur wat verantwoordelik is dat die krag afgeskakel is weens wanbetaling.