Minder virus infeksies, meer sterftes

Die owerheid in Sjina het bevestig dat Sondag se nuwe virus infeksies gedaal het met 50%, maar dat die sterftes vir dieselfde tyd met 50% gestyg het.

Die land se Nasionale Gesondheid Kommissie sê die infeksies het gedaal vanaf 700 na 409 gevalle, maar die sterftes Sondag het van 95 gestyg tot 150 vir dieselfde tydperk.

Die totale aantal mense met infeksie het gestyg tot 77,200 en die sterfte syfer het die 2,600 merk verby gegaan.

Sjina beweer dat hy sowat $12 miljard bewillig ht vir die bestryding van die virus wat insluit die vinnige oprigting van twee hospitale vir die doel, wat saam sowat 2,600 pasiënte kan behandel met spesiale mediese spanne wat diens doen.