Miljoene kinders leef in oorlogsgebiede

Kinders regoor die wereld staar groter gevaar in die gesig as wat die geval was in die Tweede Wêreldoorlog, en die risiko wat hulle loop voordat hulle as volwassenes die lewe kan trotseer, is skrikwekkend en uitdagend.

Die grootse krisis is in die Afrika lande, en volgens die jongste opnames is 415 miljoen kinders blootgestel aan ’n lewe waar konflik en oorlog ’n alledaagse is.

Die kommer bestaan dat die toestand nie sal verbeter nie, want die huidige getal is meer as dubbel die getal wat in 1995 in soortgelyke toestande verkeer.

Die verslag van die organisasie, “Save the Children” se dit is kommerwekkend dat daar sedert 2005 minstens 95,000 kinders gedood is op verkillende wyse, terwyl tienduisende kinders verkrag, of as slawe weggevoer is na ander dele van die wêreld.

Die toename van 170% op gewelddadigheid teen kinders sedert 2010 het ’n nood oproep laat ontstaan van “Stop die oorlog teen kinders”, se die organisasie se woordvoerder.