Merkel kry nederlaag in vesting

Sosialis Peter Tschentscher 

Die afgelope naweek se verkiesing in die Duitse vesting van kanselier Angela Merkel, het skokgolwe gestuur deur die Christen Demokrate Unie (CDU) toe die sosialis, Peter Tschentscher, oortuigend gewen het.

Hamburg is ’n vesting van die CDU, maar sedert die Bondskanselier die land se deure oopgemaak het vir instroming deur onwettige immigrante, het die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD) en die Sosialiste sterk steun gekry.

Die Sosialiste het ’n sterk meerderheid gekry, met die AFD in ’n stewige tweede plek, met Merkel se CDU in ’n derde plek.

Die AFD het egter aansienlike steun prysgegee nadat daar enkele dae voor die verkiesing ’n aanval was waarin 11 mense gedood is, en wat gekoppel is aan regse aggressie.

Die Sosiaal Demokrate en die Groenes het saamgespan ondeer die sosialistiese vaandel, en daarmee die verkiesing gewen, maar politieke ontleders sê dit is ’n gevaar teken wat nie geïgnoreer kan word nie, want die opkoms van sosialisme in Duitsland kan katastrofiese gevolge inhou vir Europa, en vir die Europese Unie.