Merkel en kanselier Kurz stamp koppe

Die dinamiese jong kanselier van Oostenryk, Sebastian Kurz, het radikaal verskil van die Duitse kanselier, Angela Merkel, oor die hantering van sogenaamde vlugtelinge, wat algemeen beskou word as onwettige immigrante.

Dit is bekend dat Merkel haar eens stewige posisie an Duitse kanselier, moes verruil vir ’n bedenklike koalisie regering weens haar linkse siening van immigrante in Europa.

Hierteenoor staan kanselier Kurz stewig op die beginsel dat onwettige immigrant streng hanteer moet word deur behoorlike grensbeheer toe te pas.

Hy se die EU se Operasie Sophia maak die deure oop vir instroming na Europese lande.

Die botsing tussen die twee leiers het gekom met Kanselier Sebastian Kurz se besoek die afgelope Maandag aan Berlyn en die twee kon mekaar nie vind oor die sogenaamde reddingsdaad om die immigrante te help om nie in die Mediterreense See te verdrink nie.