Mboweni gee SAL nog miljarde Rand

Asof Suid-Afrika ’n onbeperkte inkomste het, word die bankrot SAL weereens met meer as R16 miljard gehelp terwyl die belastingbetalers die druk van ’n oorbelaste stelsel moet dra.

Die Minister van Finansies het in sy begrotingsrede gese die bedrag word toegedeel aan die redery, en meld daarna dat die begrotingstekort die grootste is in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Die SAL sit reeds met ’n skuldlas van meer as R20 miljard, wat hom tegnies bankrot maak, maar die ANC weet hy moet die redery staande hou om sy beeld te probeer verbeter, maar buitelandse instansies sê die moontlikheid bestaan dat SAL ook die R16 miljard gaan verkwis ten koste van die belastingbetalers.

En Eskom kry ook miljarde

Mboweni het ook aangekondig dat miljarde Rand bewillig word om Eskom staande te hou, en het bygevoeg dat munisipaliteite nou die reg kry om self krag op te wek.

Kenners wys daarop dat dit ’n gevaarlike spel is wat gespeel word as die regering nie ’n kontrole maatreël inbou soos om munisipaliteite toe te laat om eie krag op te wek onder voorwaarde dat die Eskom rekening eers vereffen moet word.

Finansiële deskundiges wys daarop dat so ’n reël noodsaaklik is, anders gaan Eskom nie agterstallige munisipale skulde ingevorder kry nie.