Legendariese Kirk Douglas oorlede

Een van die wêreld se mees legendariese persoonlikhede in die vermaaklikheidsbedryf, is die welbekende akteur, Kirk Douglas wat vir jare op die silwerdoek te siene was.

Kirk Douglas is Woensdag in die rype ouderdom van 103 jaar oorlede, maar sy bydrae van meer as 70 jaar in die bedryf, sal nog vir baie lank onthou word.

Die inligting oor Douglas se heengaan het soos ’n veldbrand versprei op die sosiale netwerk, en honderde mense het hulle meelewing betuig oor die formidabele man wat in soveel rolprente opgetree het.

Douglas het twee maande gelede sy verjaardag gevier saam met familielede.

Kirk Douglas wou altyd akteur word, maar afkomstig uit ’n baie arm gesin, het hy aptekerswese studeer met die hulp van ’n bokser en vriende.

Later is gesê hy was gewoond om te veg vir wat hy bereik het, en het dit derhalwe net so geniet om ’n vegter te wees in die rolle wat hy vertolk het.