Lae stempersentasie in Iran

Iran het die naweek bekendgemaak dat sy algemene verkiesing ’n besonder lae stempersentasie opgelewer het, wat die “ontevrede kiesers” glo bevoordeel het.

Met ’n stempersentasie van 42% word dit beskou as die swakste stemming sedert 1979 se Islamitiese revolusie.

Die woordvoerder in Iran sê die lae stempersentasie word toegeskryf aan die koronavirus wat nou wyd versprei het in die land, en het mense daarvan weerhou om dit te waag na stemlokale.

Iran staar toenemende isolasie in die gesig, en met die drastiese sanksies wat deur die VSA ingestel is, kry die land baie min van sy olie verkoop, wat sy hoof bron van uitvoer is na ander lande.

In die hoofstad, Teheran, was die stempersentasie slegs 25%, maar die 24 miljoen stemgeregtigdes in die land, het in kleiner dorpe meer gewillige kiesers gestem omdat die virus verspreiding nog nie daar uitgeslaan het nie.

Tydens die 2016 verkiesing is ’n stempersentasie van 62% geregistreer en in 2012 se verkiesing was dit 66%.