Kragverbruikers weier besparings

In ’n onafhanklike opname van die afgelope week het verbruikers sterk standpunt ingeneem oor Eskom se versoek dat kragverbruikers spaarsaam moet werk met elektrisiteit.

Meer as 65% van die deelnemers aan die opname sê dat hulle reeds meer as voldoende krag spaar met beurtkrag wat op SA toegepas word.

Slegs 4% is gewillig om verdere besparings toe te pas, terwyl 20% van die deelnemers sê hulle is gedwing om minder krag te gebruik weens die hoë Eskom tariewe.

Die res van die deelnemers het reeds afstand gedoen van Eskom se voorsiening en maak van sonkrag gebruik om ontslae te raak van die beurtkrag en uitermatige hoë kragtariewe.

Die nasionale kragvoorsiener het aangekondig dat Fase 2 beurtkrag vir die hele naweek sal voortduur, maar kenners waarsku dat daar nie peil getrek moet word op Eskom se verklarings in die verband nie, en kan enige tyd verwag dat Fase 3 ingestel word.