Kosovo rebelleleier word premier

Premier Albin Kurti

Die links-liberale Albin Kurti, ’n voormalige rebelleleier is verkies as premier van Kosovo in ’n regering wat saamgestel is uit ses verkillende politieke partye.

Die verskillende politieke partye, wat Bosniese, Serwiese, Turkse en ander etniese groepe verteenwoordig, sal waarskynlik nie lank staande bly volgens die siening van ingeligte politieke ontleders nie.

Die parlement het die linkse Albin Kurti se verkiesing goedgekeur na vier maande verbygegaan het dat die land sonder ’n premier moes klaarkom.

Die nuwe Eerste Minster en sy kabinet is ’n dag voor die veriste datum aangebreek het om ’n regering saam te stel, ingehuldig in die parlement.

Die twee grootste politieke partye kon daarin slaag om mekaar te vind voor die keerdatum aanbreek, en vier ander kleiner partye het ingestem tot ’n koalisie rgering.