Koronavirus word internasionale krisis

Internasionaal word toenemende kommer ervaar oor die onophoudelike verdere verspreiding van die koronavirus, wat nou reeds gevaarlike afmetings aanneem in verskeie ander lande.

Die vinnige verspreiding van die virus in Suid-Korea, Iran, en Italie, sowel as in Japan, is ’n aanduiding dat die infeksie nie maklik aan bande gelê gaan word nie.

Alhoewel Sjina beweer dat hy besig is om die totale aantal infeksies te verminder met die helfte, het die sterftes toegeneem, en is die Wêreld Gesondheid Organisasie nou bekommerd dat die verspreiding nie hok geslaan kan word nie.

Die situasie het wel in Suid-Korea verbeter met die laagste infeksie syfer sedert Augustus verlede jaar, maar in ander lande word ’n verbete stryd gevoer om die verspreiding te beperk.

Samesprekings tussen die Europese lande se ministers oor hoe die krisis bestuur kan word, is ook opgevolg tydens die G20 vergadering.