Kommunikasie minister in spervuur

Die Suid-Afrikaanse minister van Kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, het in die spervuur beland vir haar uitlating oor die eter dat sy nog nooit in Switserland was nie.

Sy is gevra of sy vir ’n werksgeleentheid na Genève gereis het, moes sy later verskoning aanbied dat sy inderdaad wel na Switserland was saam met haar eggenoot.

Sy word nou daarvan beskuldig dat sy roekeloos omgaan met wanbesteding van belastinggeld tydens haar “ verliefde vakansie tyd” na Switserland en die verenigde State.

Ndabeni-Abrahams het egter ontken dat sy staatsgeld of openbare gelde verkwis het en sê haar man het haar vergesel op ’n ministeriële besoek aan die lande.