Islamitiese Stat ontwrig Mosambiek

Die militante terroristegroep, Islamitiese Staat, het nou sy vlerke gesprei en het in Mosambiek begin om die plaaslike inwoners te dwing tot terreur optrede.

Huisbewoners, skole en gesondheid klinieke is van die belangrikste teikens waarop gefokus word, aldus die Verenigde Nasies se woordvoerder.

Die streek wat bekend is vir sy multi-miljarde dollar se gas en olie ryke gebiede, word ook geteiken om soos in die verlede beheer is in die Midde-Oosterse lande.

Die terroriste het hulle ingegrawe in die noordelike gebied van Mosambiek, en het met hulle optrede teen burgerlikes, die rus versteur en vroue en kinders gedwing om die gebied te verlaat en so beheer te kry oor die noorde van die land.

Verskeie gevalle van aanvalle op die inwoners is aangemeld, en talle jong kinders is reeds volgens ooggetuies, ontvoer om as slawe diens te doen in die terroriste kampe.