Instroming na die Wes-Kaap

Daar word reeds die afgelope jare verwys na die instroming van swart mense na die Wes-Kaap.  Wes-Kaap tradisioneel ‘n Afrikaans sprekende provinsie met hoofsaaklik blankes en kleurlinge wat die gebied bewoon.  Vingers word gewys na die regering wat verantwoordelik is vir die “verskuiwing” van swart mense vanuit die Oos- en Noord Kaap na die Wes-Kaap om sodoende stemvee  te verkry teen onder andere die DA wat baie van die munispaliteite beheer.

Daar is egter ook ‘n ander rede vir die “groot trek” wat plaasvind en dit is ‘n werkers probleem.

Werkgewers in die Wes-Kaap, wat  strek van Lambertsbaai/Vredendal in die weste tot in George in die ooste, beleef ‘n werknemers probleem. Die tradisionele werkers korps was en is gelee in die Kleurling bevolking.  Dit is mense wat minder geweldadig is meer geneig is tot die westerse denke en gewoontes. Dit is die mense wat op plase gebly en gewerk het.

Seisoen werkers waar druiwe verbou, geoes en verpak is was Kleurlinge.  Op plase waar skaap versorg moes word en daar waar vis verwerk moes word se werkers korps was afkomstog uit die kleurling geledere.

Maar, die afgelope klompie jare het ‘n probleem in die gebied  ontstaan . Alkohol. ‘n Beduidende getal werkers in die Wes-Kaap is alkohol afhanklik en/of verslaaf.  Dit beteken dat op maandae bykans die helfte van die werksmag afwesig is weens die nagevolge van ‘n strawwe drink “naweek”.  Nou kan die tonnel boer nie sy komkommers oes en verpak nie.  Nou sukkel die druiweboer om sy druiwe te snoei/oes of te verpak.  Nou staan die groot aartappel fabriek in Lambertsbaai met slegs die helfte van sy werksmag terwyl die aartapels verwerk moet word.  So kan legio voorbeelde opgenoem word.

Wat staan die werkgewer te doen?   Wat is die oplossing?  Swart arbeiders word aangery uit die Noord-Kaap om op die plase te kom werk in seisoen tyd. Swart arbeid stroom uit die Oos-Kaap en kom werk as handlangers, bouers en dies meer in die George/Mosselbaai omgewing.  Werkers wat bereid is om te werk, wat Maandag tot Vrydag werk sonder ‘n alkohol probleem.

As die seisoen verby is gaan sekere werkers terug na waar hul vandaan kom maar sommiges bly agter en soek/kry werk. Later word die gesin ingebring om op plase en in die dorpe te kom bly waar daar ook werk gesoek word deur die afhanklikes.

So vind die toestroming al hoe meer en meer en die plakkerskampe al hoe groter want werknemers is nie meer bereid om te sukkel met afwesige werkers en/of werkers wat te lui is om te werk nie.

Nou ontstaan daar ‘n groep mense wat afgedank is by hul werke en die “oplossing” vir hulle is om te bedel vir geld of om te steel om “aan die lewe” te bly.

Olaf Berg.