Indië bied Trump “koninklike” ontvangs

President Donald Trump se aankoms in Indië word beskou as een van die mees opspraakwekkende geleenthede wat in twee dekades beleef is.

Alhoewel dit wil lyk asof die twee leiers nie oor ’n handelsooreenkoms gaan praat nie, is dit verrassend hoe die regering in Indië die ontvangs gereel het.

Mure is gebou om sekere gure gebiede te verberg, en honderde weermag soldate in ontplooi om die veiligheid te verseker.

President Trump sal na sy 17 vlug, vir twee dae in Indië vertoef, waar hy ’n “koninklike ontvangs” geniet het by sy aankoms.

Trump is oorweldig toe hy moes sien dat ’n paar miljoen mense met sy aankoms hulle teenwoordigheid getoon het om hom te verwelkom.

Die Amerikaanse president het in die stad Ahmedabad in Gujarat aangekom, wat die tuiste is van die Eerste Minister, Narendra Modi.