IMF skilder donker toekoms

Die Internasionale Monitêre Fonds skilder ’n donker toekoms vir Suid-Afrika, en ekonome sê die tyd het aangebreek vir gebede, want niks anders kan die land red nie.

Die land se swaar las aan buitelandse skuld is so groot dat geen verstandige instelling bereid sal wees om verdere lenings toe te staan nie.

Die geweldige groot skuld van Eskom, en die enorme bedrae wat deur munisipaliteite verskuldig is vir water en kragvoorsiening, maak dit ’n onbegonne taak om die land van bankrotskap te red.

Meningsvormers rken die dag het aangebreek dat Suid-Afrika net soos Zimbabwe, tevrede sal moet wees met die krummels van die wêreld.

Voorspellings en vooruitsigte wat gestel is, toon dat die land niks meer as 0,8% groei kan verwag vir 2020 nie, en as dit “baie goed gaan” kan 1,5% groei vir 2021 verwag word.