Hooflanddros in hof

Desmond Nair

Desmond Nair, die provinsiale hooflanddros is ingevolge die Landdros Hof Wet verwyder van die bank weens beweerde korrupsie.

Die hooflanddros, Desmond Nair, is geskors van die rol dur die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola na ’n verslag voor die parlement gedien het oor Nair wat skuldig bevind is aan wangedrag.

Die landdros het sekuriteit toerusting ter waarde van R200,000 geïnstalleer gekry by sy woonhuis in Pretoria , wat ook ’n elektriese heining insluit.

Dar is ook alarmstelsels en ander toerusting van gesofistikeerde aard gevind

wat deur ’n beampte van Bossasa opgerig is .

’n beampte van Bossasa, ene Le Roux het in sy getuienis voor die Zondo kommissie bevestig dat die toerusting aan die landdros gegee is waarvoor hy nie betaal het nie.