Hong Kong sluit toegang vir Sjina

Die owerheid in Hong Kong het sy toegangsroetes gesluit vir mense uit Sjina vanweë die geweldige vinnige toename in sterftes en besmetting van die korona virus.

Die jongste inligting toon dat meer as 3,200 nuwe infeksie gevalle Dinsdag aangekondig is, wat die totale aantal infeksies nou meer as 20,000 maak terwyl meer as 450 reeds gesterf het.

Sjina het voelers uitgesteek na Amerika vir hulp om die vinnige verspreiding van die virus te keer, maar tot hede het die VSA geen reaksie getoon op die versoek nie.

Lughawens, treinstasies, busvervoer en talle sakeondernemings in Sjina het leeg geraak en is daar bykans geen mens in sig nie, maar die Sjinese regering sê alles is onder beheer.

Intussen het die owerhede begin om onbenutte geboue te omskep in hospitale om die duisende mense wat hospitale se hulp benodig, elders te akkommodeer.