Hof verwerp Eskom verhogings

Die Hooggeregshof in Pretoria het die dringende aansoek van Eskom om tariewe te verdubbel van die hand gewys. Die saak is volgens die hof nie dringend nie maar sal wel die meriete van die saak ondersoek.  Nersa se verhoging van 8% die jaar en 5,2% in 2021 is volgens Eskom nie voldoende om die sinkende entiteit te red nie. Regter Judy Kollapen het egter verklaar dat Nersa die enigste entiteit is wat elektrisiteits tariewe kan bepaal en nie die howe nie.

Eskom het na afloop van die hofsaak gesê die beslissing kan katastrofiese gevolge inhou vir Suid-Afrika en al sy inwoners.