Hof beslis oor SAL werkers se aflegging

Die sosialistiese vakbonde, Numsa en Sacca, wend hulle nou tot die hof om te probeer verhoed dat die sak reddingspan van die SA Lugdiens voortgaan met die aflegging van oortollige werkers.

Die vakbonde sê die sake redders kan nie voortgaan met die afleggings as hulle nie voldoen het aan al die wetlike vereistes nie.

Die aangestelde reddingspan ondervind sterk teenstand van vakbonde en selfs die ANC regering raak, al is dit onwettig, betrokke deur inmenging by die sake redders se werksaamhede.

President Ramaphosa het gesê hy stem nie saam met die reddingspan se besluit om talle vlugte te kanselleer nie, en wil met hulle in gesprek tree.

Die reddingspan het nog geen amptelike verklaring uitgereik nie, maar gaan stilweg voort met hulle werk om die opdrag uit te voer om die SAL van ondergang te red.