Gupta, waar is Eskom se R600 miljoen

Die Trillian maatskappy van die Guptas was verlede jaar gedurende Junie deur die hof beveel om Eskom se R500 miljoen binne vyf da te betaal.

Dit is nou sewe maande later, en Eskom het nie ’n sent van die Guptas se skuld ontvang nie.

Die Guptas is ook beveel om die geld, met rente terug te betaal, maar dit is duidelik dat Eskom nog lank gaan wag vir sy geld.

Trillian Management Consulting is gister deur Eskom raadgewers ingelig om Eric Wood, die hoof van die maatskappy in die hof te kry.

Dit lyk egter of die Guptas weereens die hof se bevele verontagsaam, en Eskom gaan ’n moeilike tyd deurmaak om die reuse bedrag te herwin.