Guaido se wêreldreis eindig suksesvol

Die bekende opposisieleier in Venezuela, Juan Guaido, is terug in sy land na ’n maand lange toer deur Europa en ’n teenwoordigheid by die Wêreld Ekonomiese Forum, en ook as gas van President Donald Trump tydens sy Staatsrede.

Die toer en wêreldwye belangstelling in Guaido se stryd het hom weer gemotiveer om die stryd teen die diktator, president Nicolas Maduro, te hervat.

Maduro word nie meer deur Westerse lande erken as staatshoof van Venezuela nie, en het Juan Guaido aanvaar en erken as tussentydse president van die land.

Guaido het ’n groot verwelkoming ontvang toe duisende ondersteuners hom op die lughawe ingewag het, waar hy ’n bemoedigende toespraak gelewer het wat elke ondersteuner weer motiveer om die stryd te hervat ten einde Maduro uit die kussings te lig.