Grondgryp gaan chaos veroorsaak

Mike Pompeo

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het sonder huiwering die ANC regime se grondgryp sonder vergoeding skerp veroordeel met sy eerste besoek aan drie Afrika lande.

In ’n toespraak van Pompeo wat gelewer is in Ethiopië, het die minister gesê die onteiening sonder vergoeding is ’n model wat ’n mislukte beleid is van die sosialisme, wat nêrens geslaag het nie.

Hy sê so ’n plan van die ANC gaan die land se ekonomie verwoes, en sal chaos veroorsaak en bygevoeg dat die regte pad vorentoe is om reg en geregtigheid te laat geskied sonder om die wet te verander of te oortree.

Hy het ook gewaarsku teen die futiele oefening om die land se grondwet te verander om sodoende die grondgryp program gewettig te kry.

Pompeo het ook gewys daarop dat die VSA nou wag op die regering van Suid-Afrika se reaksie oor die aangeleentheid.