Gordhan steun vakbond plan

Dit is nie net Pravin Gordhan, die Minister van Openbare Ondernemings wat ten gunste is van die plan om die werk van 16,000 Eskom werkers te beskerm nie, want die ANC president het ook sy steun aan die saak gegee.

Cosatu het voorgestel dat die Openbare beleggings Korporasie sowat R28 miljard van die staatsdiens pensioene aangewend word om Eskom te red van ondergang.

Volgens die voorstel sal dit eerstens die werk van 16,000 werkers, wat in die weegskaal is, se toekoms by Eskom verseker, en tweedens kan dit as ’n “goeie belegging” vir die Fonds wees wat groei beteken.

Die voorwaarde is egter dat geen Eskom werker afgedank mag word weens ekonomiese redes nie, maar kenners waarsku teen so ’n stap, aangesien dit die vakbonde en die staat saamsnoer in ’n riskante toekoms.