Geld wat waarvandaan kom

In ’n skrywe aan die regering het ’n anonieme persoon ’n paar raak opmerkings gemaak, waarvan enkele vrae werklik aktueel is.

Ten eerste wil die skrywer by die president weet waar hy die geld gaan uitkrap om die swak toestande in hospitale reg te stel, en verwys dan na onopgeleide personeel wat die gesofistikeerde toerusting weens onkunde onherstelbaar beskadig, die diefstal van medikasie en ander toerusting stopsit, en die higiëne herstel tot die vlak waarin dit was toe “swart bevoordeling” in werking gekom het.

Waar gaan die geld vandaan gehaal word om die korrupsie en onbekwaamheid in Eskom en SAL reg te stel sodat die enorme skuldlas afgewerk kan word.

Maar bowenal wil ons weet waar die eerbaarheid vandaan gaan kom om as regeerders die korrupsie, werkloosheid, geweld en verkragtings te stop wat besig is om die land en sy mense te ruimer.