Geen geld nou vir Sjina nie

Die Wêreldbank het tegniese bystand aangebied aan Sjina terwyl die korona virus die land op ekonomiese gebied ruïneer en menige nywerhede tot stilstand gedwing is.

Die president van die Wêreldbank, David Malpass, sê die bank oorweeg nie om enige finansiële bystand aan Sjina te bied nie, maar volstaan met die aanbod van tegniese hulp.

Hy sê die Bank werk saam met die Wêreld Gesondheid Organisasie wat meebring dat amptelike advies aan die Sjinese regering gebied is.

Volgens die Bank se president is daar geen rede om finansiële hulp te verleen nie aangesien Sjina oor sy eie reserwes beskik.

Sjina het die afgelope maand reeds meer as $10 miljard bewillig om die korona virus se verspreiding te beveg, en het twee reuse hospitale opgerig wat virus infeksie pasiënte versorg deur 20,000 dokters en verpleegpersoneel daarvoor af te sonder.