Geen einde in sig met beurtkrag

Kan enige iemand inligting gee oor waarom die krag aangeskakel is!

Dit is die opmerking wat nou in die sosiale media rond swerf nadat dit duidelik geword het dat beurtkrag gekom het om te bly, al probeer die entiteit elke dag die indruk skep dat dit die volgende dag nie weer beurtkrag sal wees nie.

Suid-Afrika se ekonomie, en sy inwoners, sal nog minstens die volgende 18 maande moet toekyk hoe Eskom die land se ekonomie verpletter.

Die jongste manier van doen is, Eskom kondig beurtkrag aan vir “tot môreoggend 6h00” om dan kort na dit die volgende “soortgelyke” aankondiging te maak.

Intussen is daar ’n opbouende frustrasie onder inwoners van die land oor Eskom nie die inligting op hulle webblad regstel sodat mense kan weet wanneer beurtkrag op hulle gebied toegepas word nie.