Gee terug die sardiens

Ernstige kommer bestaan dat daar groot fout is met sardiens, en deurlopende pogings om die kopers publiek bewus te maak daarvan dat hulle nie die geblikte sardiens moet eet nie, en eerder terugneem na die handelaar, het nog nie veel resultate gelewer nie.

Die sardientjies in tamatiesous wat glo  ZST-2 en ZSC-2 gemerk is, blyk ongeskik te wees vir menslike gebruik en behoort onverwyld teruggegee te word aan die winkelier waar dit gekoop is.

Die inhoud van 400 gm sardiens moet liefs nie eers oopgemaak word nie, en die Nasionale Reguleerder van Spesifikasies het beveel dat alle handelaars en informele handelaars die sardiens van hulle rakke verwyder.

Dit wil voorkom asof meer maatskappye se sardiens geraak word deur die oproep, en moet liefs nie gebruik word nie.

Deep Catch

Mammas

Prime Ocean

Spar

Sunny

Shoprite Ritebrand

Cape Point

Checkers Housebrand

U Brand

Saldanha

West Point

OK Housebrand