FW word geroskam oor apartheid

Die vergete Nasionale Party se leier van weleer, FW de Klerk, word van oral oor geroskam omdat hy gesê het apartheid is nie ’n misdaad teen die mensdom nie.

Dit sou hom bepaald beter gepas het om niks oor apartheid kwyt te raak nie, maar nou het die Mandela Stigting gevra vir ’n ontmoeting met die De Klerk Stigting sodat klaarheid gekry kan word.

Intussen het die verskillende politieke partye ook hulle mening uitgespreek oor FW se uitlating, en word daar selfs eise gestel.

Opposisiepartye eis dat De Klerk sy Nobelprys vir Vrede se bedrag teruggee en ander eis dat hy die medalje wat gegee is tydens die toekenning, teruggegee word aan die Nobelprys organiseerders.

Selfs die vergete DA leier van vroeër, Tony Leon, het galsterige opmerkings gemaak oor FW se siening van apartheid.

Uit behoudende geledere het die Afrikaner Selfbeskikking Party ook hulle mening gegee terwyl ander behoudende volksgenote vra waarom FW de Klerk nou so ’n uitlating kan maak nadat hy apartheid verwerp het as leier van die eertydse regerende NP.