FW steier onder aanslag

Die FW de Klerk Stigting het gesteier onder die aanslag van die swart politici en oud politieke leier, Toney Leon.

In ’n mediaverklaring sê die FW-Stigting dat die uitlating oor Apartheid teruggetrek word, wat beteken dat FW de Klerk saamstem met die wêreld dat apartheid ’n misdaad teen die mensdom is.

Die verklaring lui voorts dat die FW-Stigting saamstem met Desmond Tutu Stigting dat dit nie “nou die tyd is om daaroor met mekaar t verskil nie”.

De Klerk se terugdeins word gesien as ’n morele oorwinning vir die Rooi brigade, wat hom sterk gekritiseer het oor sy opmerking oor apartheid.

De klerk erken dat apartheid beëindig is op 27 April 1994 onder sy leierskap as staatshoof van Suid-Afrika, maar kenners se dit is gedoen weens die swak onderhandeling span van vêr linkses in sy party wat die doods klokke van ’n voorspoedige land laat beier het.

Politieke waarnemers vra of FW die opmerking teruggetrek het omdat hy vrees sy medalje en Nobel prysgeld kan in die slag bly.