Filippyne beëindig VSA ooreenkoms

President Duterte

Die wispelturige president van die Filippyne, Rodrigo Duterte, het amptelik kennis gegee aan die Verenigde State van Amerika van sy besluit om ’n jarelange ooreenkoms te skrap.

Duterte is ten gunste van groter handelsbande en vriendskap met die kommunistiese regering in Sjina.

Ingevolge die ooreenkoms stuur die VSA gereeld van sy soldate na die Filippyne om die verdedigings alliansie te versterk.

Die onvoorspelbare Duterte maak geen geheim van sy voorkeur om met Sjina bande te smee nie, en sy woordvoerder sê die tyd het aangebreek om op militêre gebied nader aan Sjina te beweeg en die Filippyne “meer onafhanklik op miliêre gebied te maak”.