EU oorweeg lidmaatskap vir Balkan lande

Die Europese Unie is hard aan die werk om die moontlikheid deur te voer sodat die Balkanstate deel van die liggaam kan word.

Oorweging word gegee aan lidmaatskap vir Serwië, Kosovo, Montenegro, Albanië, Bosnië, en Noord-Masedonië.

Die inligting is vroeër die week bekendgemaak deur die Europese Unie se kommissaris, Oliver Varhelyi, maar dit lyk of Frankryk nie ten gunste van so ’n moontlikheid is nie.

Politieke ontleders in Europa glo die skuif is slegs ’n moontlikheid nadat Brittanje uiteindelik die EU verlaat het, en daarmee ’n 15% vermindering in ekonomiese aktiwiteite veroorsaak het.

Kenners reken die Franse se teenkanting kom omdat die ses nuwe lidlande ’n einde kan bring aan die dominerende rol wat Duitsland en Frankryk tot nou vervul het.

Oliver Varhelyi het egter te kenne gegee dat lidmaatskap reeds aan al ses lande aangebied is, en so ’n moontlikheid kan die Franse president, Emmanuel Macron, in algehele verset bring wanneer die EU tot stemming gebring word.