EU oop vir Britse ooreenkoms

Ursula von der Leyen

Die Europese Unie is bereid om ’n “unieke” en eiesoortige ooreenkoms met Brittanje aan te gaan, wat sal verskil van Australië, Kanada en ander lande se handelsooreenkomste.

Die Europese Kommissie se President, Ursula von der Leyen, het egter bygevoeg dat daar in enige ooreenkoms verantwoordelikhede is wat deur beide instansies nagekom moet word, en wat ook in hierdie geval van toepassing sal wees.

President Ursula von der Leyen het voor die Europese Parlement haar toespraak gelewer en daarmee inleidend gepraat oor die stram en moeilike onderhandelings wat nou met die Britte gevoer moet word.

Sy het die Britse Eerste Minister verwelkom en gesê die premier se opmerking van ’n “globale kampioen van vrye handel” is goed, maar die EU is ook soekend na ’n “eerlike en sterker” handels sisteem.