Eskom staal hom teen Rooi brigade

Die Eskom personeel by sy hoofkantoor in Megawatt Park, noord van Johannesburg, maak gereed om die sogenaamde “grootskaalse protes aksie” onder leiding van die Rooi brigade vandag te weerstaan.

Die sosialistiese brigade se optog hou glo verband met Eskom se beurtkrag en die feit dat hulle glo die kragvoorsiener maak reg om geprivatiseer te word.

Die kragvoorsiener het tot hede geen amptelike verklaring uitgereik oor die Rooies se plan om ’n massa-optog te hou by die hoofgeboue nie.

Die beurtkrag wat die afgelope vier maande aanhoudend op verbruikers afgedwing is, kos SA reeds miljarde Rand, en die aankondiging dat dit nog 18 maande gaan duur voor beurtkrag beëindig sal word, het ’n reuse impak op die ekonomiese stand van Suid-Afrika.

Ingeligte bronne beweer dat Eskom groot sekuriteit maatreëls ingestl het om te verhoed dat die eiendom en kantore se inhoud beskadig word.