Eskom se skade

Die Boere-Afrikaners het die agteruitgang van die Suid-Afrikaanse ekonomie reeds in 1990 voorspel, en dit het geen profeet gevra om sulke korrekte voorspellings te maak nie.

Dat Eskom en ander staats entiteite die grootste vernielsugtige elemente van die ekonomie sou word, is egter nie deur almal voorsien nie.

Die regime se geldgierigheid om toe oe in die korrupsie betrokke te raak met wapen transaksies het die land tot op die rand van finale rommelstatus gedruk, en daarna het die een na die ander staats entiteit al dieper in die skuldlas beland weens geldgierige, korrupte beamptes en selfs regeringslui.

Die mynbedryf en vervaardigers se verliese met Eskom se beurtkrag sedert verlede jaar, het tot astronomiese bedrae gestyg.

Sakelui se verkoopsyfers het dramaties gedaal, en talle kleiner ondernemings kon nie die druk weerstaan nie, en moes deure maar sluit.

Ekonome wys daarop dat invoertariewe, hoë elektrisiteit tariewe, onbetroubare kragvoorsiening, swaar salaris vereistes vir onproduktiewe werkers wat onopgelei is, word beskou as van die belangrikste redes waarom die ekonomie tuimel.

Met Eskom se onvoorspelbare en duidelik nie deurdagte optrede met beurtkrag nie, word Fase 1 net so ’n bedreiging as wat Fase 6 van verlede jaar was.

Mynhuise en nyweraars het wel die vergunning, net soos munisipaliteite, dat hulle self voorsienend mag wees in kragopwekking, maar die koste daaraan verbonde plaas ’n ondraaglike las op die bedryf, terwyl Eskom die gerief daarvan het dat hy sy verantwoordelikheid afskuif op sy grootste kliënte.

Die chaos in Eskom veroorsaak dat maatskappye en selfs staats entiteite verplig word om afleggings t doen, en daarmee sneeubal die agteruitgang tot binne in rommelstatus.

Suid-Afrika het ’n groeikoers van 5% nodig om die werkloosheid teen te staan, maar helaas, dit wankel op 0,07%, wat onrus en geweld bevorder, en wat beleggers nog verder die harnas injaag.

Die regime se mooi beloftes en vertellings is alles leuens, want Suid-Afrika val uitmekaar omdat die Boere-Afrikaner, wat die bouers is van die land tot en met die politieke oorgawe,  nie ’n staanplek mag kry om die gemors op te ruim nie.