Eskom plaas druk op munisipale wanbetalers

Eskom het nou, na 25 jaar, begin om druk toe te pas op munisipaliteite wat hulle skuldig maak aan wanbetaling.

Die spartelende Eskom het glo begin om sekere verbruikers en munisipaliteite te druk om hulle agterstallige rekenings aan te suiwer.

Kragverbruikers, waarvan munisipaliteite die grootste skuldenaar is, is meer as R26 miljard verskuldig, en is waarskynlik die grootste rede waarom die kragvoorsiener nie op dreef kan kom nie.

Kenners reken egter dat dit ’n druppel in die oseaan is teenoor die R450 miljard skuldlas van Eskom, wat opgebou is deur wanbestuur, korrupsie, ’n oorbevolkte werkerskorps en astronomiese salarisse.

Munisipaliteite in die Vrystaat, Noord-Kaap en Oos-Kaap is glo van die instellings wat eerste aangespreek word vir hulle wanbetaling.