Eskom kry nuwe beurtkrag verskoning

’n Ou verskoning is weer “afgestof” en dien as uitstekende rede vir Eskom om die komende week sy beurtkrag voort te sit.

Goeie reëns in Oos-Transvaal is glo die rede waarom hierdie week se beurtkrag “geregverdig” kan word, want die steenkool is nat en die reën hou nie op nie.

Kenners reken Eskom se beeld word telkens verder benadeel met sy “daaglikse verskonings” waarom beurtkrag toegepas word.

Die afgelope naweek se swaar reën oor groot dele van Transvaal het gelei tot verspoelings van paaie, en talle motorongelukke is aangemeld as gevolg van die reën.

Intussen het Suid-Afrika kennis geneem van die vernietigende ekonomiese toestande as gevolg van Eskom se onvermoë om ’n volhoubare kragvoorsiening te bied, terwyl krag nog steeds aan buurlande verkwansel word.