Eskom beurtkrag skedule val plat

Eskom se beurtkrag stelsel, en sy skedules, het totaal platgeval, en veroorsaak soveel chaos dat niemand meer seker is van wanneer beurtkrag in ’n bepaalde gebied toegepas gaan word nie.

Eskom se gunsteling operasie, beurtkrag, het platgeval en het daarmee die energiekrisis verder vererger.

Die kragvoorsiener is met sy Fase 2 program van beurtkrag besig, en het met groot gebaar aangekondig dat stadsverkeer in spitstye gehelp gaan word deur geen beurtkrag toe te pas van soggens 6.00 tot 9.00, en dan weer vanaf 16.00 namiddag tot 18.00 om te verseker dat “dooie” verkeersligte nie die verkeer laat opdam nie.

Dit het een oggend gewerk, en daarna nie weer nie, wat nyweraars, motoriste en sakelui saam met huisvroue warm om die kraag gemaak het.

Intussen stroom klagtes in dat Eskom se “watsapp” verskil van sy skedule op die webblad, en geen mens weet wat is nou werklik geskeduleer nie.