Edgars groep verminder belange

Edcon, die eienaars van Edgars, Jet en CNA het bekendgemaak dat die sogenaamde ikoniese nuusagentskap nie juis inpas by die res van die groep nie, en derhalwe van die hand gesit word.

Die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van Exclusive Books, Benjamin Trisk, wie deel is van ’n konsortium het CNA gekoop van die sukkelende Edcon groep.

Die nuwe groep beplan om meer fiksie en ander boeke, geskryf deur mense wat Afrika tale besig, in ’n poging om die winkelgroep staande te hou wat met 167 winkels regoor die land opereer.

Astoria Investments sal egter 60% van CNA besit, en Trisk se konsortium, met personeellede daarby, sal glo 40% beheer.

Die CNA winkelgroep bestaan reeds 125 jaar, en die instansies poog om die sukkelende onderneming van finale ondergang te red.